Katoliek Apostoliese Kerk

Die Katoliek Apostoliese Kerk, is volgens baie Christene verwysend na die onsigbare kerk waaruit alle Christene bestaan, volgens die laaste sin van die Niciaanse Geloofsbelydenis. Dit verwys egter ook na die groep gelowiges bekend as Irvingianisme, of Irvingisme, meer algemeen bekend as die One, Holy, Catholic and Apostolic Church wat in die eerste helfte van die 19de ontstaan het as gevolg van 'n geestelike ontwaking.

Die kerk is glad nie gestig of geantisipeer deur Edward Irving soos geglo word deur sommige kritici van die beweging nie. Ook was die naam Katoliek Apostolies nooit deur die lidmate van die kerk aangeneem nie.

Die beweging het ontstaan uit 'n ekumeniese gebeds beweging in die vroeë 19de eeu en die uitstorting van geestelike gawes in Engeland, Skotland en Duitsland. Die Katoliek Apostoliese Kerk was georganiseer in 1835 onder die leierskap van 12 Apostels. Die laaste van die Apostels is in 1901 oorlede en die beweging en stelselmatig gekwyn. Vandag is daar baie min lidmate van die beweging oor.

Die Nuwe Apostoliese Kerk en die Ou Apostoliese Kerk het uit hierdie beweging uit gegroei.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search